Al was daar geen aksiefigure nie, was ’n paar meegaande items vrygestel toe die reeks uitgesaai was. As jy enige meer inligting het oor die items wat hier genoem word, laat weet my asseblief.

Even though there were no action figures, a few accompanying items were released at the time the series was broadcast. If you have any more information about the items mentioned here, please let me know.

Inkleurboeke

Twee inkleurboeke was vrygestel, geïllustreer deur Abdul Amien en uitgegee deur Human & Rousseau in 1982. Die omslag vir die tweede boek word hier gewys.

Colouring books

Two colouring books were released, illustrated by Abdul Amien and published by Human & Rousseau in 1982. The cover for the second book is shown here.

Inkleurboek 2

Klankbaan

’n Klankbaan was glo vrygestel, maar ek kry nog nie meer inligting daaroor nie. Ek onthou self vaagweg iets hiervan, maar ek het op daardie stadium net begin skoolgaan, so ek is dalk nie die beste bron van waarheid hieroor nie.

Soundtrack

A soundtrack was apparently released, but I am yet to find more information on it. I vaguely remember something about this myself, but I was just starting school at that time, so I may not be the best source of truth on this.

DVD’s

Die eerste 13 episodes van seisoen 1 was uitgereik op 2 aparte DVD’s in 2009.

DVDs

The first 13 episodes of season 1 was released on 2 separate DVDs in 2009.

DVD 1 DVD 2